University of Pretoria
Browse
1/1
2 files

Versorgers se uitdagings volgens Bronfenbrenner se sisteemvlakke

dataset
posted on 2023-03-08, 07:00 authored by Martha ErasmusMartha Erasmus

Die doel van hierdie studie was om die uitdagings en behoeftes van versorgers van jong volwassenes met tramatiese breinbesering (TBB) te ondersoek en te beskryf en dienooreenkomstig 'n raamwerk daar te stel vir 'n ondersteuningsprogram vir versorgers van jong volwassenes met TBB. Bronfenbrenner se ekologiese sisteemteorie is die teoretiese raamwerk wat hierdie kwalitatiewe studie onderlê het, met die fokus op faktore binne die mikro-, tegno-, meso-, ekso-, makro- en chronosisteme wat die versorger van die jong volwassene met TBB beïnvloed het. 

Die kwalitatiewe studie het die veelvuldige gevallestudie ontwerp benut om data deur middel van fokusgroep-, individuele- en aanlyn onderhoude in te samel. ‘n Onderhoudskedule het die onderhoude gelei tesame met die stemopnames van onderhoude met die toestemming van die deelnemers, om data insameling te versterk. Die deelnemers is deur middle van doelgerigte en sneeubal steekproefnemingstegnieke geselekteer en volgens seleksiekriteria geselekteer. Die data is getranskribeer en geanaliseer, wat verskeie temas en subtemas gegenereer het. Die temas kon verbind word met die mikro-, tegno-, meso-, ekso-, makro- en kronostelsel van Bronfenbrenner se ekologiese sisteemteorie. 

Die temas is met onderhoud aanhalings en literatuur gestaaf en sluit in: uitdagings van die versorger van 'n jong volwassene met TBB, behoeftes van die versorger van 'n jong volwassene met TBB, ondersteuning vir versorgers, veranderinge in jong volwassenes met TBB, die impak op die gesin, die impak van die gemeenskap en 'n ondersteuningsprogram vir versorgers.

History

Department/Unit

Social Work and Criminology

Usage metrics

    Humanities

    Licence

    Exports

    RefWorks
    BibTeX
    Ref. manager
    Endnote
    DataCite
    NLM
    DC